Wind verlang
die wind blaas met trilwange
'n trompiewysie
op 'n weggewaaide stuk
papier
teen die dak
geplak
die bome buig
lang wintertakke neer
in oorgawe
se gee en neem
'n ligblou bootjie
skommelklou
aan sy verweerde
bleekwit tou
op die water
teen die okersand
en my hart onthou
die wegsteek
van my ver verlang
na 'n huistoekom
uit my swerwersland
Santie Amery 2021
Opmerkings