Dieselfde..

dis steeds dieselfde wind
wat fluisterstem
die berg en see verbind

en dis dieselfde son
wat pienkpastel
die dag se laaste ure tel

my lewensdae het verskuif
van bos en boom
tot waar die maanlig blink
ligstreep oor die see kom droom

Santie Amery 27/10/2018

Opmerkings

Lekkerste lees...