Die storie van die Hoggamajôjôs

Ek was van kleintyd af 'n dromertjie. Alleenkind wat haar verbeel het klein mensies bly in haar slaapkamermuur. Ook hoe hulle wegkruip in die geheime holtes van die Jakarandabome. Teepartytjies tussen die struike uit blomkoppietjies....

En toe trek ons maklik 45 jaar later Hogsback toe. Die wonderlikste droomwêreld wat elke dag om elke hoekie voor jou kom staan. Die Hoggamajôjôs word in my hart gebore. Ietsie om die bekoring van die towerwêreld te probeer vasvang, sodat jy dit saam met jou kan dra en verder droom.Vriendinne praat my geesdriftig moed in...die karaktertjies kry stories. Hulle trek stilletjies aan soos die inwoners van die klein dorpie. Hulle kom steek speels die mense se sleutels of selfone weg. Snags loer hulle in jou huis rond of speel in jou tuin.Hulle groei in nuwe lyfies, kruip in kindertjies en grootmense se harte...Soms wonder ek of die storie moet doodloop, veral toe ek nie meer op die berg woon nie. Maar om hulle te laat lewe gee my soveel vreugde. Die onsekerheid en idees bly groei in plakkers, beplanningssketse en stories.In Januarie 2022 na ure se rondsoek vir nog idees, kry die Hoggamajôjos 'n nuwe voorkoms. Uiteindelik voel dit of my hart regtig praat deur die kleiner lyfies!Ek werk ook aan poskaartgrootte afdrukke van unieke sketse met bemoedigende of oulike boodskappies.So julle, my drome van kleintyd het lyf gekry! Nou moet my drome verkoop word en die wêreld ingaan om vir ander jôjo-vreugde te bring. Klein of groot!! Maar dis nie waar my drome eindig nie. Want die Hoggies moet my help om weer finansieel op my voete te kom. En omdat my hande ook nie meer sonder pyn die naaldwerkdeel van Hoggiemaak kan doen nie, gaan ek hulp nodig hê. Dit sal beteken dat iemand ook sal kan verdien. Die droom is dat so baie Hoggies nodig gaan word om oor die land en selfs die wêreld 'n unieke sonstraaltjie te gaan strooi, dat daar nog mense sal nodig word om te help om hulle te laat lewe. Dit beteken 'n werkie wat vir nog persone se lewe hoop kan gee! HOOP en blydskap is wat ons nodig het om in hierdie dae ons dae mooi en sinvol te maak. Daar is genoeg seer en swaarkry rondom ons. Help my om my Hoggamajôjô droom 'n werklikheid te maak. Dis my unieke manier waarop ek my hart en liefde so graag met almal sal wil deel! So kontak my of hou my Facebook blaaie dop! Dankie dat jy my storietjie tot hier gelees het!
 Ek is Santie Amery, skepper van Santie's hoggamajôjôs! 
Sel: 0845620063
email: santieshoggamajojos@gmail.com

Opmerkings

Kwapie het gesê …
Baie oulik
Unknown het gesê …
Pragtig Santie! My hôggo gaan eersdaags in London ‘n ex SA familielid laat glimlag.
Ferdi het gesê …
Dis cool Santie, hou aan met dit!
Unknown het gesê …
Dit lyk baie interresant, tannie Santie.
Ek LOVE hoe die poppe lyk. Ek soek self ene in my kamer
. 😁🤗🤗

Lekkerste lees...