Jerusalem

Jerusalem
swaar toegevou
in die mantel
van drome en gebede - 
in jou lê ook
my onvervulde drome
en verlange
na 'n dieper soeke
na die Een
wat vrede gee 
en my klein wêreldjie
in Sy deurboorde
hande vat

Santie Amery    2014

Opmerkings

Lekkerste lees...