Vandag

ek pak U voete toe
met lofoffers
gooi olie op die merke
van U deurboorde pyn
wat vir my lewe gee

U liefde brand
soos die son
en troos soos
die maanlig
koester

ek het nie meer woorde oor nie

Santie Amery, Maart 2021

Opmerkings

Lekkerste lees...