Hoop

my huisie ruik
na olieverf en terpentyn
amper 'n stille reukoffer..
'n sug wat tot die hemel sein

elke kwashaal word
 'n gebaar
van hoop
wat kleurvol dansend
uiteindelik
my van my twyfel stroop

Santie Amery Desember 2017

Opmerkings

Lekkerste lees...