Skape in die kraal
Vir 'n paar maande van my lewe kruis my pad toe met die handvol skape wat deel word van ons elkedagse lewe. Bedags wei hulle in die veld buite die stat saam met Solomon maar vroegaand kom hulle terug na die klein kraaltjie onder die kameeldoringboom.
Dan begin die ritueel van kom kyk na hulle welstand, 'n blikkie met mieliepitte in die hand. Hulle ken die geluid van die mieliepitte as ons dit in die blikkie heen en weer skud en kom gulsig nader vir die klein bederfie en geselsie oor die draad. Elke skapie is uniek met sy of haar eie karakter, gesigsuitdrukkings, geluidjies en maniere. Ek verwonder my daaroor dat 'n skaap toe eintlik ook intelligent en deksels oulik kan wees op sy eie wyse! Soos Bulletjie wat almal wegstamp vir 'n paar mieliepitte wat kirts-kirts tussen sy tande. En die stoute maer Me wat soggens oppad weiveld toe skelm by die kombuis insluip as die deur oop is en tog te heerlik aan die hondekos kom smul! Die eiewysheid van sommige balhoriges wat hulle eie rigting kies met 'n paar gedwee nalopers net om weer geroep te word na die veiligheid van die trop se samehorigheid en sorg van die skaapwagter. Skielik word soveel gelykenisse in die Bybel lewendig en vol betekenis...

Opmerkings