Ouma Martha se geloof

"As my ouers nog geleef het, het ek nie so swaar gekry nie." So vertel Ouma Martha terwyl haar raakvathande op die bruin voorskoot rus. Die knop op my maag skuif op in my keel..
"Ek vertel altyd vir my kinders as hulle vra hoekom die HERE dan nie antwoord as ons bid soos ons swaarkry nie, dat hulle moet onthou daar is baie mense by die aarde. Die HERE is seker baie besig om almal te help en het nie altyd die tyd om vir ons te luister nie. Maar eendag soos Hy nie te besig is nie, dan sal Hy kom en vir ons kom help. Jy moet net nie moed verloor nie en maar aanhou bid, Santie"
Al weet ek dat die HERE altyd vir ons daar is, dat Hy al ons gebede hoor elke oomblik van die dag of nag en dat Sy arm nie te kort is om te help nie, salf haar woorde my seer hart met sy baie vrae met troossalfies en voel die verlang na die geborgenheid van my ouerhuis ook bietjie minder...

Opmerkings

Lekkerste lees...