Dieselfde en tog anders
Die winkeltjie oorkant die kliniek is eenvoudig; sommige ware sommer op die vloer in rye uitgepak. Hier kry ons van ons noodsaaklike lewensmiddele, soos mieliemeel, brood, konfyt, hondekos en seep. Dis 'n kuierplek vir die stat se inwoners en loop jy 'n bekende raak, moet jy maar vergeet om vinnig by die huis te kom!
Buite staan skewe draadhokke met 'n paar bek-af hoendertjies wat blinkoog byna vraend vir jou loer. Hulle wag vir die volgende koper wat dalk lus is vir vars hoendervleis... Soos in my kinderjare lyk die hoendereiers se eiergele eerder 'n helder oranje van die natuurlike kossies wat die hoenders so op die werf oppik. In die begin proe die eiers skoon vreemd in vergelyking met die bleekgeel eiergele waaraan ons al vir jare gewoond is!
In die eenvoud van die gewone rustige lewe - soos dit veronderstel is om eintlik te wees - is die kleure helderder en jou sintuie oop vir waardering van soveel dinge wat jy andersins vir jare as vanselfsprekend aangeneem het...

Opmerkings