Dingsoekers
Pippie Langkous van die kinderboeke was 'n dingsoeker. Onwillekeuring dartel haar rooikop en ondeundheid deur my dag. Ek word 'n dingsoeker toe ek op die werf rondloop en deur die vervalle buitegeboutjie dwaal en in die stof rondkrap...
Dis nou een ding van intrek in 'n woonplek waar jy nog iewers iets van die verlede soos 'n skat kan ontdek op die mees onverwagte plekke. Agter 'n krapperige doringbossie staan 'n geroesde ou ketel, in 'n skewe en gebreekte houtkas sonder deure le 'n gebuigde lepel of 'n modderige medisynebotteltjie. Onder die groot kameeldoringboom rus 'n geroesde deel van 'n voertuig, die sonlig ligstrepies binne-in waar die tyd gate deur die staal gevreet het. In die graspolle kruip spykertjies of ou tandeborsels met gebreekte stele weg en die swart koolstoof in die kombuis kry nuwe lewe toe hy skoongemaak en gestook word met 'n paar stukke hout en songeel vuurvlammetjies.
Die lewe is 'n avontuur wat wegkruip op amper onmoontlike plekke... al wat dit van ons vra is om stilletjies te begin rondkyk en te wonder oor die storie agter die stories wat ons pad so sonder woorde kruis...

Opmerkings