Eietyd
Soggens voor dit te warm is, is dit "mytyd" in die kombuis. Sodra die skottelgoed gewas en weggepak is, maak ek my tuis by die kombuistafel met my skryfgoed en boeke. In die agtergrond speel die radio en luister ek na Radio Kansel se bemoedigende boodskappe. Ek maak 'n joernaal met woorde in die binneblad wat praat van mooi en goeie dinge. Ek plak my ouers se begrafnisbriewe daarin en skryf van my verlange om met hulle te kan gesels. Ek blaai in boeke en skryf gedigte of gesegdes neer wat my gedagtes positief voed.
Ek skryf Bybelverse neer wat my hart raak en voel asof dit met my gees kommunikeer en my situasie aanspreek. Dawid se verlange na God en na veiligheid word ook my verlange, sy vrae oor die lewe en sy pyn word ook my vrae. Ek leer om te onthou dat die HERE in die verlede vir my gesorg het, dat Hy elke dag voorsien in my behoeftes en dat ek daarom kan glo en vertrou dat al my more's ook in Sy hande is. En so word elke dag draaglik en hanteerbaar en gaan die tyd sinvol verby. Elke seisoen het sy eie tyd: om te kom en te gaan, te begin en te eindig..

Opmerkings