Verdere ontmoetings..

Die eerste keer wat ek die kaptein ontmoet, is hy besig met 'n vergadering met die stat se hoofmanne. Hulle sit lekker buite in die oggendsonnetjie terwyl al die dringende sake van belang bespreek word. Ons word hartlik verwelkom en sy vrou gee vir my tee in die huis. Die huis is ruim en blinkskoon. Sy is 'n raakvatvrou wat die belange van haar mense op die hart dra en graag hulle lewensomstandighede wil verbeter.
Die kaptein lag wyd met sy enkele tandjies en se hy glo ons sal lekker saamwerk.
Later vat een van sy hoofmanne ons na 'n stuk grond toe buite die stad waar ons moontlik later kan gaan bly. Daar is lieflike bome, 'n groot dam en wildspore in die bruin stofpad. En die wonderbaarlike stilte sing soos 'n seenbede deur die veld se geluide.
Die kaptein sorg dat ons mooi opgepas word, Masanda as hoofman sien self om na al ons behoeftes. Enige probleme met halsstarrige inwoners wat ons nie te vriendelik behandel nie, word gou-gou kortgeknip. Ons kan baie by die mense leer oor die orde en gesag in die gemeenskap en hoe daar na elkeen in sy besondere situasie omgesien word. Dis 'n lewe van omgee vir mekaar, nie net vir jouself nie.

Opmerkings

Lekkerste lees...