Rooi Amarillas
Een prentjie wat nog dikwels in my gedagtes rondkuier, is die bloedrooi Amarillas in Oupa Jan se tuin. Soos reeds gese was die hele werf altyd netjies skoongevee en die hoendertjies het maar so pik-pik rondgekuier tussen die los grond of die stuk groentetuin.
Maar voor die huis is die lang sementpaadjie wat na die voordeur lei. En aan weerskante van die paadjie staan rye rooi Amarillas.
Nou kyk, ek het grootgeword met enkele van die koninklike blomme in potte geplant, 'n luukse stukkie kykgenot waar jy jou kon verlustig in die wonderlike kleure in die blomblare vasgevang.
En hier, weg van die sogenaamde beskawing af, groei die rye rykdom sommer net so as vanselfsprekend in die bruin Afrikagrond!
Dit wys nou net dat ons baie keer dink ons kan ons sogenaamde rykdom koester in 'n potjie waar weining mense maar die skoonheid daarvan kan sien. Miskien moet ons ook meer oop en bloot die mooi van ons Skepper se gawes met almal deel dat hulle dit jare lank in hul hart kan saamdra - soos ek die Amarillas!

Opmerkings