Nagdrome

Ek hang my hart se lyne
soos lanterns in die donker nag
ver verdwaalliggies
wat tussen die misslierte
en die nagwind wag...

ek is lankal leeggestroop
van jonkweesdrome
en die volmaakte vorm
van my liggaam
is skeefgetrek
en ru gebreek...
haar weerloosheid ontbloot

dis net die verborge sielsverlange
na 'n eggo antwoord
van my onverwoorde hartstaal
wat nog maar altyd
een alleen
deur my lewe loop...

Santie Amery, Februarie 2021

Opmerkings

Lekkerste lees...