Drome

ek steek die kers aan
saam met my donker geheime
verlange na vervulling
begrip
omgeehande
en allessien oë

die vlam brand die skille
van veroordeel 
fyn soos as...
my wegsteekmaskers
is nou losgeskeur

my weerloosheid kom lê
blink druppels drome
voor jou voete...

Santie Amery

Opmerkings

Lekkerste lees...