Water
Langs die huis, naby die wag-'n-bietjieboom, staan 'n oranje outydse handwaterpomp. Dis nie net vir die mooi of vir sentimentele redes daar nie. Hier is water kosbaar, of jy dit gaan haal in houers by die gemeenskaplike straatkraan of moeisaam op en af pomp met die waterpomp - hier leer jy om elke druppel water te waardeer en as kosbaar te beskou! Die afwesigheid van wasbakke en 'n bad, beteken 'n hele ritueel saans. Water word aangedra, tydsaam warm gemaak op die stoof, dan in die sinkbadjie in die slaapkamer gegooi. Vier menslywe kry agtereenvolgend 'n beurt vir bad-was in die louwarm water. Die eerste is die gelukkigste, dan is die water nog skoon en die seepskuim het geen bruin randjie van die stof en sand nie. Handewas tussen kosmaaktakies word 'n luukse, drinkwater en waswater is nie meer vanselfsprekend nie...
Sewe jaar later vandag, is dit nog steeds vir my 'n vreeslike groot bederf om saans te kan wegsak in die bad met badskuim en warm water uit die kraan! Net omdat ek die sukkelwas in die sinkbadjie so goed onthou!

Opmerkings