Masanda
Hy kom tot ons redding; die lang man met die diep, rustige stem wat voorspraak gaan doen by die stat se kaptein vir die witmense sonder blyplek. Masanda is 'n hoofman en die "waterwagter" - wat die dieselpomp vir elke dag se watervoorraad na die gemeenskaplike krane in die strate - moet "start". Hy sien om na ons belange met 'n soort trots en waardigheid en reel hulp met die trek na die bruingepleisterde huisie op die hoek van een van die besiger strate. Die erf is groot; groot genoeg vir 'n groentetuin, kampies vir skape of bokke en skoongeveede bruin grond om die woonplek. Daar is 'n smal uitgetrapte paadjie na die verste hoek waar die "longdrop" staan en 'n reuse kameeldoring net slap om die buitegeboutjies.
Masanda kom gereeld kuier op die klein stoepie of onder die wag-'n-bietjieboom en so maak hy seker dat ons veilig en versorg is. Dis die kuiers van mense wat baie tyd het, wat weet dat dit wat jy nie vandag afhandel nie, more klaargemaak kan word. Dat Afrikatyd rustig is, een met sy eie tempo en ritme...
En so begin ons lewe op Koedoesrant, waar die son saans die mense en die bosveld groet met die mooiste kleurryke sonsondergang en waar ons huis 'n kuierplek word, ook vir alleenlopers, soos Masanda...

Opmerkings