Die bruidegom is oppad!


Ek het so lanklaas op my afdraaipaadjies rondgekuier! Seker omdat die jaar tot dusver vol groot lekkertes en nuwe dinge was! Eerstens my eerste solo-uitstalling in Junie, kort daarna my vyftigste verjaarsdag en begin Junie was dit presies 20 jaar gelede wat ek 'n ernstige ongeluk oorleef het. 

Om vyftig te wees is heerlik bevrydend. Amper of mens sommer weet jy het 'n mylpaal gehaal, jy het sowaar oorleef so tussen al die oppe en affe van die lewenspad! Skielik voel jy gemaklik met jouself en 'n nuwe selfvertroue straal so tussen die grys hare en geleefde lyfie uit. Dis sommer net lekker!

Die skildery hier bo is een van my onlangse werkies! Die bruid wat gereedmaak vir die koms van die hemelse Bruidegom. Baie mense wonder oor die geheimsinnigheid wat so stilweg om haar vou. Waaraan laat sy jou dink?

Opmerkings

Lekkerste lees...