Groentesmous

As groot goedkoop winkels te ver is, die behoefte aan vars vleis, groente en vrugte te groot is; dan maak iemand 'n plan. Die groentesmous wat twee keer per week 'n draai deur die strate kom maak, is 'n opwindende ontdekking! Dit voel soos die koopervarings waarvan ek as kind in Mikro se storieboeke gelees het!
Die wit bakkie ry toet-toet vir reaksie deur die strate, totdat 'n koper hom stop, sommer letterlik by jou voordeur! Vars vrugte, kleurvol en sappig, kraagvars groente en vleissnitte wat nie sommer in die plaaslike winkeljtie beskikbaar is nie. En het jy 'n spesiale bestelling, word dit met die volgende besoek vir jou afgelewer.
Ek verwonder my aan die oorspronklike slim en tog "ou" planne wat in die statjie leef asof iets nuuts in die een-en-twintigste eeu met sy kitslewe en -keuses. Dis nog 'n manier van kommunikasie met meer van die inwoners en die geselsies word een van die hoogtepunte van die week...en natuurlik inspirasie vir 'n paar geregte anders as mieliepap en sous...

Opmerkings

Maree het gesê …
Ai Santie, die goeie ou dae, sommer in vandag se tyd! Onthou jy ook die melkaflewerings wat altyd gebeur het? Die skoongewaste melkbottels op die voorstoep, vervang met heerlike vars nuwe melk!Ek wonder hoekom iemand nie dit huidig doen nie, ek's seker dit sal groot aanhang geniet!

Lekkerste lees...