Storietyd
John Rabene kom gereeld kuier, gewapen met 'n paar bottels Black Label. En hoe verder die kuier uitrek, hoe lekkerder raak die stories. Bo en behalwe sy kennis en liefde vir die omgewing en sy mense, kan hy die mees dramatiese spookstories vertel met volle oorgawe en gebare van sy hande!
So het hy en sy broer eenkeer Rustenburg toe gery, verby 'n bordjie wat lees "spook". Dit was reenerig en daarom het hulle die arme vrou wat langs die pad gestaan het, opgelaai. Maar toe sy broer na 'n ruk in die truspieel kyk, sit sy daar sonder 'n kop! Van pure skrik gooi hy byna die kar om en toe hulle bewerig uitklim, sien hulle haar kop voor die wiel le! 'n Plaasboer kom klaarblyklik kort hierna op die twee geskokte mans af en vra of hulle dan nie die bordjie met die woord "spook" gesien het nie!
Daar was ook stories van 'n afkopman op 'n perd en vuurvlamme en dan natuurlik ook meer oor die bygelowe oor die voorvaders wat nie meer met ons is nie.
En, word ons verder met die grootste erns verseker, "Ek vurtel vur julle die ronde waarheid, Santie!"

Opmerkings