Die groot verlang..
'n Skielike somersmiddag- stortbui veroorsaak dat 'n oupatjie met sy kierie by ons huisie kom skuiling soek. Ek maak vir ons tee en gee vir hom 'n eetdingetjie.
Hy noem my "my nonnatjie". My hart vermurwe oor die troetelwoordjie uit my kindertyd. Ek verlang oneindig na die geborgenheid van my kindwees, my ouers, my susters, die bekende.
Deur die ou man se stille waardigheid en die wedersydse respek tussen ons, voel ek weer geanker in my grootwordworteltjies.
Net nog 'n spesiale boodskap van Adonai dat Hy in soveel gedaantes met my lewe bemoeienis maak....

Opmerkings