Om in eenvoud te lewe...
Min geld en gebrek aan die normale voorregte, leer jou gou om met dit wat jy het 'n buitengewone lewe van klein luukses op onverwagse plekke en in elke dagse dinge te omtower.
Tuisgebakte brood, warm en krakerig uit die koolstoof; eksperimente met regte egte oudtydse semelkoffie om die ander drinkgoed 'n bietjie te spaar; die skoon reuk van paraffien en kerswas wat die sementvloere laat blink in koel verwelkoming in die huisie.
Bowenal leer jy die afhanklikheid van gedurige gesprek met God en staan daagliks verstom om te sien hoe daar tot in die fynste detail aan al ons aardse behoeftes voorsien word! Nie een nag was dit nodig om honger te gaan slaap nie!
Is elke haartjie op my kop dan nie getel nie?
So baie dinge dra ons eintlik as 'n las saam met ons rond, dis soveel ligter om eenvoudig en in kinderlike geloof te lewe vir elke dag se voortbestaan.
Lelie van die veld, Hy sorg vir my en jou!

Opmerkings