Mededeelsaamheid
John en Susan se netjiese huis is teen die rand van die stat, die oop veld sommer net anderkant die heining.
Weereens word elke vertrek in detail vir ons gewys toe ons een middag daar kom kuier. Susan gee vir my 'n bord pap met 'n tuisgemaakte tamatiesous - dit brand op die tong! Ek was nie regtig honger nie, maar as ek die gasvryheid van die hand wys, sal dit 'n klap in die gesig van my gasvrou wees. Dus eet ek maar elke krummel van die groot bord pap op! Daarna kry ek 'n yslike hand vol sjokolade in blink gekleurde papiertjies, toe ek wil oorhou vir die seuns by die huis, word ek aangese om alles op te eet, hulle wil vir die seuns lekkers saamstuur. Ek het nog nooit eintlik 'n probleem gehad met sjokolade nie.....
Pienkie is Susan-hulle se dogtertjie, die enetjie wat so graag by my kom kuier. Sy lag wittand toe sy my in die sitkamer sien. Dit voel amper soos om by ou bekendes te kuier waar ons toe daar sit en gesels oor 'n moontlike groter blyplek en die toekoms. Ek bly egter diep in my hart baie bekommerd oor my seuns se opvoeding en skoolopleiding. Die onrus bly gedurig knaag soos 'n lastige wurm...

Opmerkings