Dis Vrydag!

Dis vandag Vrydag - gedaan na die week se harde werk en baie ryery vir my studenteseuns kollege toe. So anders as sewe jaar terug se Vrydag in Koedoesrant!
Ek kan die oggend se prentjie nog goed onthou, dis 'n gedagtefoto'tjie wat nog helder in my geheue voorkom. Die Vrydag was ek besig om in die kombuis te vroetel met my oggendtakies. In 'n poging om my gemoed bietjie op te vrolik het ek spesiaal vroegoggend sommer sulke lekker helder rooi lipstiffie aangesit en iets moois aangetrek.
Die agterdeur was oop. Sowat tien tree verder was die een besige verbystraat. Een van die buurvroue was besig om haar dag se watervoorraad te kom haal in die groot plastiekhouers op haar kruiwa. Die kraan net om die hoek oorkant die straat.
"Dumela Santie!" groet sy met 'n stoute glimlag. "Ek sien dis VRY-dag vandag!"

Opmerkings

Maree het gesê …
Ha ha! Dis nou oulik van haar! Vrydae IS spesiaal en miskien moet ons almal elke Vrydag helder rooi lipstiffie aansit!

Lekkerste lees...