My beminde

Ek het jou gesoek, maar kon jou nêrens vind nie. Toe wys jy vir my die stêrre en die heelal breek oop in vreugdesange. En jou liggaam het al die verlate holtes opgevul en my vrouwees weer laat blom. Totdat die lewe jou weggevat het op jou eie pad. En ek jou stem net soms oor die selfoon hoor of soms in die alleenheid van my drome. Ek het jou lief soos die nagwind teen my wange. Ek het jou lief omdat ek weer alleen kan staan. Ek het jou lief omdat jy vir my die geskenk van duisende wonderwerke in die wêreld oopgesluit het en respek vir die lewe uitgewys het. Ek het jou lief omdat my hart vol vrede is...

Opmerkings

Lekkerste lees...