Hogsbackkuier

Om op die berg te kom kuier, is nog steeds dieselfde wonderlike ervaring. Die natuur slaan jou asem weg met sy skoonheid. Die vars berglug vee teen jou vel en kom rus diep in jou longe...

Die heerlikste bly die vreugde van weersien van bekende en geliefde gesigte. Die warm vashou wat sê, jy is kosbaar.

My kind se bruin oë blink en na 'n jaar se weersien is besonder spesiaal. Ek is 'n geseënde vrou met my kinders wat my lewe sinvol en so vol liefde hou.

Vandag is 'n sonskyn en so 'n gelukkige dag...

Opmerkings

Lekkerste lees...