Nuwe afdraaipaadjie....

Ons groot droom het uiteindelik waar geword... Ons woon op Hogsback, een van die bes bewaarde geheime van Suid-Afrika!

Robin het my hierheen gebring vir ons wittebrood en my asem weggeslaan met die skoonheid van die natuur en die stilte en rustigheid van die dorpie weggesteek tussen die bome. Ek was totaal verlief op my nuwe man en die pragtige bergdorpie!

 En nou, amper agt jaar later is ons hier om te bly...  Ek wil myself nog dikwels knyp om te sien of ek nie droom nie!  Dat ons so ryklik geseend kan wees gaan my verstand nog te bowe!


Opmerkings

Maree het gesê …
Hoe wonderlik is dit netnie wanneer 'n droom bewaarheid word nie Santie! Veels geluk, dit lyk na 'n pragtige plek!
Archeage Girl het gesê …
Hi~ o(* ̄▽ ̄*)ブ I'm new here~~ Archeage?Follow these↓↓↓

Archeage Gold

Buy Archeage Gold

Lekkerste lees...