Sonstrepies innie bos

 

Met een van ons kuiers in Hogsback lank gelede, het ons op die geheimsinninge bouval afgekom tussen die skadukolle van reuse bome. Die stilte en die son het albei oor die gebreekte mure kom rus.  Geen ander mens was in sig nie. Ek hou van sulke plekkies wat my verbeelding laat draaie loop. Ek wonder altyd wat daar gebeur het en wie daar gewoon het. Die kuiers om 'n kaggelvuur en mense se stemme wat luiweg in die aandlug ronddwaal. Geheime van dae lankal verby. Die lewe is maar 'n nietigheid...

Opmerkings

Lekkerste lees...