Motorfietsry..ai toggie!!
Nou kyk, ek was nog nooit baie dapper as dit kom by motorfietsry nie, te bang ek val en kry seer! Maar as dit nou die enigste manier is hoe mens 'n biejtie uit die huis kan kom, dan moet die veldmotorfiets maar die ding doen! Versigtig gebalanseer, doodstil sit en onthou van saam inval by 'n draai...
Op die motorfiets besoek ons die kaptein, die "office" waar al die belangrike statregulasies, reels en dienste georganiseer word, Ouma Mina, die winkel vir nodige inkopies en sommer net om bietjie weg te kom.
Die lekkerste is die ritte uit die stat na die oop veld toe. Die stilte vou om jou soos 'n warm kombers in die winter en as jy gelukkig is sien jy selfs 'n bokkie of vlakvark. Ek kan nou nog die gras en doringbome sien en die rooibruin grond onder my voete voel! En as daar nog so 'n effense koeligheid dans tussen die bome deur, is die hitte sommer ook meer draaglik. Ek is mal oor die stilte....
Een middag ry ons gou 'n paar blokke verder om na 'n pasgebore donkie te gaan kyk. Dit was een van die mooiste ervarings van my lewe! Die slap lyfie met die yslike ore en wankelrige beentjies! En so, danksy die motorfiets, word my wereldjie darem 'n bietjie groter as die werklikheid my hart te veel vasdruk...

Opmerkings